آلِ عِمْرَان Soera 3 van die Koran | ||
Klassifikasie | Medinees | |
In Arabies | Ali ‘Imrân | |
Transliterasie | Al-Imran | |
In Afrikaans | "Die Familie van Amran" | |
Deel | 3-4 | |
Ajat | 200 |
Ali ‘Imrân (Arabies: آلِ عِمْرَان, "Die Familie van Amran") is die 3de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 200 ajat, of verse, wat begin met die allegoriese letters (muqatta'at) A.L.M.[1][2] Dit word uitgespreek Alif Laam Miem.[3]
Amran word in Islam beskou as die vader van Maria. Dié hoofstuk is genoem na die familie van Amran, wat Amran; sy vrou, sint Anna; Maria; en Jesus insluit.
Die hoofstuk is vermoedelik die tweede of derde Medinese soera wat geopenbaar is, want dit noem gebeure in die Slag van Badr sowel as die Slag van Oegoed. Feitlik alles daarin behoort ook tot die derde jaar van die hidjra, hoewel 'n paar verse omstreeks die 10de jaar van die hidjra geopenbaar kon gewees het.[4]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search